Zastron Gekombineerde Skool is een van die toonaangewende en leidende opvoedkundige instellings in die Vrystaatse Platteland, waar die normale akademiese kurrikulum aangevul kan word met gespesialiseerde landbou-opleiding. Ter ondersteuning van die onderrig- en opvoedingsprogram word ‘n gebalanseerde buite-kurrikulêre program van gehalte aangebied.