Trucon Foods is al 12 jaar in die bedryf in Potchefstroom en lewer vars verwerkte groente aan plaaslike besighede, koshuise, ouetehuise, restaurante en privaat mense. Trucon Foods was aanvanklik in die industriele gebied gelee in ‘n gebou wat ons gehuur het. Vyf jaar gelede het ons besluit om n kleinhoewe te koop en die besigheid na die kleinhoewe te skuif waar ons tot en met vandag nog die besigheid vanaf bedryf. Die skuif het dit moontlik gemaak om die gebou spesifiek vir die doel van verwerking in te rig. Wanneer ons die groente ontvang, word dit deeglik nagegaan, geweeg en dan in die ontvangs koelkamer geberg. Sodra dit benodig word, word die groente uit die bokse en sakke gehaal en word dit in kratte uitgegooi. Die groente word dan gespoel en is nou gereed om verwerk te word. Die eerste stap is om die groente te skil en weer te spoel. Die groente gaan deur na die verwerkings eenheid waar dit dan opgesny word in skywe, ringe, blokkies of wat ook al die behoefte is. Sodra die groente klaar verwerk is, gaan dit deur na die verpakkings area waar dit dan verpak word. Die verpakte produk word dan geweeg om so te verseker dat die produk die regte gewig weeg. Die produk word hier ook nagegaan om te verseker dat dit aan die kwaliteits vereistes voldoen. Die finale produk gaan van hier af na die versendings koelkamer waar dit geberg sal word tot en met dit gelaai en afgelewer moet word.